Oosskool kry die oorhand in Limpopo Jukskeiliga

Die konsentrasie was hoog soos wat leerders skeie deur die lug laat trek het op Hoërskool Tom Naudé se bane op 31 Augustus.

POLOKWANE – Oosskool se A- en B-spanne het behoorlik uitgeblink tydens die Limpopo Laerskool Jukskeiliga en na die laaste ronde as kampioene uitgetree.

Goue medaljes en wisseltrofeë was aan die wenners toegeken vir hulle uitmuntende prestasie teen Kopanong Primary School van Sekhukhune, Dendron Primary School en Pietersburg Laerskool.

Bea-Mari Joone van Oosskool in aksie op die jukskeibaan.

Dié spanne gaan op 17 September Oosskool verteenwoordig tydens die Noordvaal Jukskeitoernooi in Middelburg, waar hulle die stryd gaan aansê teen skole van Gauteng en Mpumalanga.

Die voorsitter van die Limpopo skoleliga, Willa Viljoen, sê hulle is trots op die Osies se prestasie en sien uit vir hulle volgende uitdaging.

Willa Viljoen, voorsitter van die Limpopo Skoleliga.

“Hulle doen goed en het deur die hele liga die oorhand gehandhaaf. Ons wens hulle sterkte toe in Middelburg.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version