Tiener van Polokwane soek na besoek aan staatshospitaal

Die 17-jarige Hesmare Grahan is sedert 28 Augustus vermis.

POLOKWANE – ‘n Familie van Hillside Leeuwkuil kleinhoewe net buite die stad is opsoek na hulle dogter.

Luidens ‘n verklaring deur polisie woordvoerder Sersant Monatse Mamabolo, is Hesmare Grahan (17) laas op 28 Augustus gewaar.

“Sy was saam met haar ma by die provinsiale hospitaal vir mediese behandeling,” verduidelik Mamabolo.

‘n Soektog is van stapel gestuur nadat sy by die Polokwane Polisiestasie as vermis aangemeld is. Daar is by verskeie plekke na haar gesoek, maar dié soektog het geen vrugte afgewerp nie.

Mamabolo vra dat enigeen met inligting rondom haar verdwyning of waar sy haarself mag bevind, vir Adjudant Offisier Peter Mangakeng by 082 728 9831 skakel.

“Alternatiewelik kan hulle die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel, of van die MySAPS-toep gebruik maak,” sluit Mamabolo af.

Lees ook: Report them missing immediately – The Pink Ladies

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version