Local News

Broodwinner van sewe in die knyp: Jy kan help

Jan van Rooyen (42) het twee beroertes in drie dae gehad en kon vir 'n ruk lank nie werk nie.

POLOKWANE – Van Rooyen is ‘n aktiewe man wat nie vir skrik ‘n uitdaging in die lewe nie.

Selfs toe hy twee beroertes in drie dae gehad het, het hy nie bly lê nie, maar nou staar ‘n ander tipe monster hom in die oë. Aangesien Jan vanaf Maart nie kon werk nie, en sy werkgewers hom dus nie sy volle salaris betaal het nie, kon hy nie die huur vir die huis waarin hy en sy familie woon betaal nie.

“Ek was by die werk op 24 Maart toe ek sleg begin voel het. My tong het begin sleep en die linkerkant van my lyf was lam. My vrou, Francis, het my hospitaal toe geneem waar hulle bevestig het my bloeddruk is hoog. Hulle het vir my pille gegee en huis toe gestuur.”

Net twee dae later kry Jan ‘n tweede beroerte om ongeveer 09:00 en Francis neem hom weer hospitaal toe, waar hulle vasgestel het dat die eerste geval ook ‘n beroerte was. “Hy is eers 18:00 opgeneem in die kraamsaal. Ek mag glad nie vir hom kos of klere gevat het nie en hy het net onder ‘n dun laken gelê en yskoud gekry. Jan het ook nie fisioterapie gekry nie.”

Jan is na twee weke ontslaan en het saam met Francis oefeninge gedoen wat sy self gaan opsoek het om sy arm en hand weer te kan beweeg. Op die stadium kan hy loop en sy arm gebruik, maar hy sal fisioterapie moet ontvang om weer 100% reg te wees. Jan kon weer op 5 Augustus begin werk.

“Francis het nie werk nie, en ek is die enigste broodwinner. Met dié wat ek nie my volle salaris gekry het nie, is ons huur agterstallig. Vir elke dag wat ons laat betaal voeg die verhuurders R500 by. Ons het nou gehoor ons moet die bedrag teen 18 September betaal of ons word uitgesit.”

Jan en Francis het drie kinders en ‘n familielid se drie kinders bly ook by hulle.

Hulle het ‘n BackaBuddy-rekening (Help Jan get back on his feet) geskep waar hulle vra vir R50 000 om die noodsaaklik-hede te betaal.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button