EntertainmentLocal News

Geniet ‘n familie makietie saam met die Noordgemeente

Die Noordgemeente familie van Omgee hou ‘n familie makietie op 26-28 Augustus.

POLOKWANE – Die fees skop Vrydag af om 17:00 met ‘n gemeentekuier. Elkeen bring sy piekniekmandjie met eetgerei en drinkgoed, en om 18:00 sal daar bees- en hoenderpotjies wees om aan te smul.

Saterdag begin die pret al om 07:00 met ‘n 4km en 8km pretdraf. Van 08:00-11:00 kan ‘n heerlike plaasontbyt geniet word en besoekers kan deur die dag stalletjies besoek wat vleis, gebak en lekkernye, vars groente en vrugte, en vele meer te koop sal hê.

Daar is ook ‘n teetuin, prettige aktiwiteite vir kinders beskikbaar, en daar sal selfs ‘n hondeskou wees waaraan mense kan deelneem of toekyk. Sondag word die naweek afgesluit met ‘n dankdiens deur Piet Smit.

Vir meer inligting, skakel vir Wilma Prinsloo by 082 555 4553.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button