Sensoriese behoeftes in die klaskamer

Die karakters van Winnie-the-Pooh het onlangs vir arbeidsterapeut Helise Duvenhage geïnspireer om ‘n praatjie oor sensoriese behoeftes in die leeromgewing te lewer.

POLOKWANE – Meeste van ons is bekend met die storie van Christopher Robin en sy vriende. Hierdie vriende is Winnie-the-Pooh wat gek is oor sy heuning, die senuweeagtige Piglet, baasspelerige Rabbit, aktiewe Tigger en die somber Eeyore.

Alhoewel elkeen van dié karakters van mekaar verskil, is hulle beste vriende en ervaar avonture saam.

Dié karakters het onlangs vir arbeidsterapeut Helise Duvenhage geïnspireer om ‘n praatjie oor sensoriese behoeftes in die leeromgewing te gee. Sy het hierdie praatjie tydens ‘n inligtingsessie van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum, aangebied.

“Enige interaksie met ons omgewing vereis die gebruik van ons sintuie. Sensoriese ervarings help om die breinpaadjies of neuroplasiteit, vas te lê. Sensoriese modulasie verwys na die vermoë van die senuweestelsel om insette te reguleer, te organiseer en te prioritiseer. Sensoriese modulasie hou ‘n noue verband met konsentrasie, gedrag en emosionele regulasie.”

Helise sê die reaksie op stimulasie word in vier hoof kwadrante verdeel: Lae registrasie, sensories soekend, sensories sensitief en sensories vermydend. Hier maak sy van Winnie-the-Pooh se vriende gebruik.

“Sensitiwiteit vir sensoriese insette kan lei tot emosionele gedrag. Hierdie kind verg meestal kalmerende sensoriese insette.”

Eienskappe:
• Goeie beplanner met ‘n georganiseerde omgewing.
• Gebruik met tye meer demonstrasies en minder woorde.

Uitdagings:
• Voel dikwels onseker.
• Kan maklik te gestimuleer voel deur die meer aktiewe kinders in die klas.

As leerder:
• Gril vir aktiwiteite soos bak en brou en vingerverf.
• Kan emosioneel raak wanneer die stimulasie te veel is.
• Se aandag word maklik afgelei in ‘n visueel besige omgewing.

“Die kind se sensitiwiteit vir insette kan lei tot vemydende gedrag, angstigheid of baasspelerige gedrag om hulle omgewing te beheer.”

Eienskappe:
• Goed georganiseerd.
• Floreer onder struktuur en roetine.

Uitdagings:
• Word maklik te gestimuleer en dit kan lei tot emosionele uitbarstings.
• Vermy soms groot sosiale byeenkomste.

As leerder:
• Vermy spel met verskillende teksture soos sand, modder en verf.
• Druk sy ore toe vir sekere geluide.
• Toon angs wanneer aanraking te oorweldigend is.
• Vermy bewegingsaktiwiteite soos swaai en trampolien spring.

“Hierdie leerder verg langer en meer intensiewe sensories insette om wakkerheid te verhoog. Hy mag soms langer neem om aan die gang te kom.”

Eienskappe:
• Word nie maklik deur ‘n besige omgewing gesteur nie.
• Fokus goed wanneer hy met sekere take besig is.

Uitdagings:
• Nie altyd self-geldend nie.
• Stil en word maklik oorgekyk.

As leerder:
• Is onbewus van ‘n vuil gesig of hande.
• Laat goed soms val.
• Is soms selfs onbewus van aanraking.
• Kom moeg voor en lê in ‘n stoel of teen ‘n muur.

Tigger is sensories soekend:

“Hierdie kind het ‘n onder-reaktiewe modulasie patroon. Hy soek meer sensoriese insette om sy wakkerheid vlakke te verhoog en dit word dikwels met ADHD verwar.”

Eienskappe:
• Entoesiasties, pret en vol energie en geniet sosiale interaksie.
• Neem graag deel aan ‘n verskeidenheid van aktiwiteite.

Uitdagings:
• Vind dit moeilik om stil te sit en te fokus.
• Vind dit uitdagend om take te insinueer en te voltooi.

As leerder:
• Speel lank in teksture soos modder.
• Kou aan voorwerpe wat nie eetbaar is nie, soos hulle moue, of stop hulle mond vol kos.
• Beweeg en vroetel gedurig.
• Hou baie daarvan om vasgehou te word.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version