‘n Maand om dankie te sê

Hierdie Vrouemaand het die Polokwane Observer vir inwoners gevra wie dié vrou is wat vir hulle die meeste beteken en hoekom.

POLOKWANE – Daar is vele maniere om ‘n vrou te bederf. Of dit nou ‘n sjokolade op die kopkussing is of ‘n bos blomme nadat jy laat van die werk af kom, kan mens altyd ‘n manier kry om dankie te sê.

Baie mense sal sê dat ‘n besoek aan ‘n spa of ‘n naweek weg saam met vriende ‘n goeie manier is om haar te bederf. Maar vra enige vrou hoe jy jou dankbaarheid aan haar kan bewys, sal die moontlike antwoord iets soos ‘sê dit net vir my’ klink.

Die vraag is dan hoe sê ‘n mens dankie sonder woorde? Sommiges meen die beste is om te besluit om die kosmaakpligte oor te neem, of om die kinders te versorg terwyl sy kos- en skoonmaak. Ander raai aan om haar te vat vir ‘n aand uit terwyl ouma na boetie en sussie kyk, of om vir haar ‘n bad te tap as jy sien dat sy ‘n moeilike dag agter die rug het.

‘n Paar mense wat dit gewaag het om raad uit te deel sê ‘n mens moet onthou watter stories sy jou vertel en van belangrike afsprake wat sy het, en herinner blomme gaan dood en sjokolade word opgeëet, maar ‘n bewys van dankbaarheid hou vir ewig.

Een ding is wel gewis; meeste mense is met goeie rede dankbaar vir ‘n spesifieke vrou in hulle lewe.

Hierdie Vrouemaand het die Polokwane Observer vir inwoners gevra wie dié vrou is wat vir hulle die meeste beteken en hoekom.

Thinus du Toit: In hierdie Vrouemaand moet ek alle dank en waardering opdra aan my vrou, Shani. Sy is die een vrou wat my al ontelbare kere op die regte pad gehou het, en sy het ons huis in ‘n liefdevolle tuiste omskep. Sonder haar in my lewe sou ek heeltemal doelloos rondgewandel het. Sy is sonder twyfel my eie Godgegewe koningin.
Martin Lee: Ek wil graag die aandag op my sussie, Louise Van Rooyen, sit vir die maand. Dankie vir alles wat jy vir my doen en vir alles wat jy is. Jy is ‘n ystervrou.
JC van Rooyen: Ek wil vir Tamryn Terblanche ‘n gelukkige vrouemaand toewens. Dankie vir al die ondersteuning en bystand wat jy gee wanneer ek dit die meeste nodig het. Jy dra altyd almal se belange op die hart. Ek en ons seun, Sian, is lief vir jou.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version