Wafel-lekkerte waaraan inwoners kan smul

'n Soet ontploffing van roomys, sjokolade, koekies, malvalekkers en selfs bessies wag vir jou as jy 'n wafel by Yummy Waffles koop.

POLOKWANE – Hierdie wafel is nie soos die wafels wat jy by jou gunsteling roomys restaurant op ‘n Saterdagmiddag koop nie, dit is gelaai met soetighede en die wafel self is uniek deurdat dit borrels in het. Christa Schoeman het besluit om deel van die Yummy Waffle konsessie te word nadat sy van die produkte geproe het. Saam met die aankoop van die helder pienk waentjie het sy ook opleiding en resepte ontvang en kan sy steeds daagliks raad vra om die perfekte wafels vir die gemeenskap the bied.

“Ons het ‘n spesiale masjien waarmee ons die wafels maak sodat daar borrels in is. Ons mag ook net sekere produkte gebruik en elkeen van die 12 verskillende wafels is getoets en beproef.”

Sy sê die wafel het nie net ‘n spesiale resep nie, maar daar is ook ‘n sekere manier om die wafel te vou sodat die inhoud nie uitval nie. Sy moet ook die wafel uitgee soos sy dit maak aangesien dit nie kan staan nie want die bestanddele smelt vinnig.

Christa se inwyding in dié besigheid was by die SAVF winter basaar en sy sê sy beoog om elke naweek iewers te staan en wafels te verkoop.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version