Sekelbosfees stel nie teleur

Vanjaar se Skelbosfees het Polokwane-inwoners 'n verskeidenheid aktiwiteite en musiek gegee wat almal vermaak het.

Vanjaar se uitgawe van die Sekelbosfees het plaaslike aanhangers bederf met heerlike musiek en aktiwiteite.

Die tweedagmusiekfees is op 6 en 7 September gehou.

Op die eerste aand het kunstenaars Chris Steyn, Franja du Plessis en Droomsindroom feesgangers se voete laat jeuk, terwyl Tjominis, Die Flooze en Juanita du Plessis heerlike ritme die Saterdag verskaf het.

Die Sekelbos Got Talent kompetisie het ‘n platform geskep waar plaaslike kunstenaars hulle sangtalent kon laat tel. Dié kompetisie is gewen deur Tlhompho Tjia wat met ‘n stewige R10 000 weggestap het.

Tjominis het die jongspan besig gehou.

Jaundre van der Merwe, ‘n lid van die reëlingskomitee, het gesê hulle wou graag ‘n familiefees in die stad organiseer.

“Die fees behels pret vir die hele gesin. Sy het haar dank uitgespreek teenoor almal wat van die fees ‘n sukses gemaak het, en vir die publiek wat die fees ondersteun het.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version