Mini-hokkiefees by Oosskool

Oosskool hoof, Gideon Pelzer het almal hartlik welkom geheet, en opgemerk dat dit voorwaar ‘n voorreg was om dié dag te kon aanbied.

POLOKWANE – Spelers van 11 skole in die provinsie het Saterdag by Laerskool Pietersburg-Oos byeengekom om aan ‘n goedgeorganiseerde mini-hokkiedag deel te neem.

Afrigters, onderwysers, familie en vriende was dit eens dat die spelers – almal sewe, agt of nege jaar oud – hulle goed van hulle taak gekwyt het.

Curro Heuwelkruin, Louis Trichardt, Pietersburg Laerskool, Laerskool Messina, Krugerpark, Mitchell House, Pietersburg Comprehensive School, Akademie Reformia, Marblehall Laerskool en Piet Hugo was teenwoordig.

Oosskool hoof, Gideon Pelzer het almal hartlik welkom geheet, en opgemerk dat dit voorwaar ‘n voorreg was om dié dag te kon aanbied.

“Mini-hokkie bring groot opwinding en gees na ons terrein toe. Die dag het nie gegaan oor wen nie, maar oor genot. Ons sê graag dankie aan al die ouers en besoekers, asook aan ons borge – julle gesindheid is altyd ‘n riem onder die hart.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version