NewsSchools

KYK: Pieties wen Kardoesie se hart só

Hierdie tradisie vind reeds vir bykans 50 jaar plaas en die leerders moet die beoordelaars beïndruk met danspassies, ‘n kreet en liedjies.

Kardoesie, Kardoesie, dis tyd om huis toe te kom…. Só sing Hoërskool Pietersburg se gr. 9-leerders gisteraand.  Dit was weer tyd vir die jaarlikse tradisie, Kardoesie. Soos in die verlede het die verskillende graad groepe gedurende die eerste week van die derde kwartaal kliphard geoefen met die oog daarop om Kardoesie huis toe te bring.

Hierdie tradisie vind reeds vir bykans 50 jaar plaas en die leerders moet die beoordelaars beïndruk met danspassies, ‘n kreet en liedjies.

Die gr. 8’s was eerste aan die beurt met die tema, ‘Luties in die 80’s’. Met gepaste klere uit die 80’s, neon ligte en die weerspieëling van die gewilde speletjie Pac Man is die gehoor teruggeneem na ‘n tyd van CD Walkman’s, MTV en Michael Jackson.

Mike Tyson staan nie ‘n kans teen die boksers van gr. 9 nie. Hulle tema was ‘Fight Night’ en soos gesoute boksers het hulle hard geveg om Kardoesie hulle s‘n te maak.

Die liedjies Ma Baker en Hit Me Baby One More Time was deel van die Mafia, beter bekend as die gr. 12’s, se optrede. Met hulle wit en swart uitrustings en gewaagde danspassies het hulle die gehoor vermaak. Hulle sluit hulle optrede op ‘n hoë noot af met die skiet van klappers.

‘Flight 10’ is die gr. 10ְ’s se tema. Hulle neem die gehoor op ‘n vliegtuig ervaring wat hulle nooit sal vergeet nie. Die lugwaardinne verduidelik wat die gehoor moet doen, sou die vliegtuig val terwyl die kapteine van hierdie vliegtuig hulle bes probeer om hoog te vlieg op soek na Kardoesie.

Laaste laat die gr. 11‘s die skool afbrand, maar met hulp van brandweermanne word die vlamme vinnig geblus. Dansende brandweerpersoneel steek amper weer die skool aan die brand met hulle gewaagte danspassies.

Teen die tyd wat die wenners aangekondig word, is almal opgewonde en in afwagting om te hoor of hulle gunsteling graad as die wenners gekroon sal word.

Uitslae

  • Beste uitbeelding van die tema: Gr. 10 en gr. 12.
  • Beste kreet: Gr. 11 en gr. 12.
  • Beste dirigente: Gr. 10, 11 en 12.

Wenners:

  1. Gr. 11.
  2. Gr. 10.
  3. Gr. 12.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button