GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

[FOTO’S] Krugies kook op die netbalbaan

Hoewel die einde van die wintersportseisoen vir baie sportspanne aangebreek het, word die o/11-netbalspanne van Laerskool Krugerpark se tekkies nog nie weggepak nie.

MOKOPANE – Dié spanne het Dinsdagmiddag kragte gemeet in die Waterbergdistrik-finale. Die B-span het in die semi-finaal met een punt verloor, terwyl die A-span in hulle semi-finall koninggekraai het teen Laerskool Thabazimbi.

Die emosies was sigbaar op afrigters Flora Mashishi en Judilene de Klerk se gesigte toe die eindfluitjie blaas.

Die emosies was sigbaar en die afrigters en A-span het dadelik bymekaargekom om koppe bymekaar te sit om hulle strategie vir die finale wedstryd te bespreek. Hierdie finaal was teen Laerskool Marble Hall gespeel en die meisies het met een doel verloor.

Afrigter Judilene de Klerk het aan Bosveld vertel dat die span meer doele as die ander spanne gegooi het, en dus kwalifiseer hulle steeds om die skool by die Limpopofinale te verteenwoordig. Dié finale sal op 10 Junie in Polokwane gehou word.

Sy voeg by dat hulle deelname aan die finale die hoogtepunt van hulle seisoen is.

Mede-afrigter Flora Mashishi sê dat die kinders gedurende die Covid-19-inperkings nie sportsoorte kon beoefen nie en daarom is beide afrigters en die skool trots op die span vir hulle deursettingsvermoë. “Dit vat toewyding, die regte gesindheid en baie moeite om te kom waar ons nou is. Ons is trots op ons span en sien daarna uit om aan die Limpopofinale deel te neem.”

Related Articles

Back to top button