News

Oos en Suid meet kragte op die rugbyveld

Reeds vroeg verlede Dinsdag was daar groot afwagting by Oosskool en Pietersburg Laerskool.

POLOKWANE – Dié twee skole se rugbyspanne het mekaar by Oosskool se velde ontmoet om te kyk wie ‘n bal die meeste onder die pale kan neersit.

Die spanne en hulle ondersteuners het net na skool by die twee rugbyvelde bymekaargekom en spoedig was die wedstryde aan die gang. Met ouers wat langs die veld hulle rugbyhelde aanmoedig, het elke speler sy beste vir sy span gegee.

Daar was gehardloop, geskop en duikslae uitgevoer soos dié spanne opsoek was na punte.

Halftyd was dit tyd vir spanpraatjies waar die afrigters raad gegee het en die reserwes water uitgedeel het. Die Osies en PLS se rugbyspelers het met opgewondheid op die veld gehardloop vir die tweede helfte, gereed om met die loure weg te stap.

Na vele strafskoppe, moedelose afrigters en geesdriftige ondersteuners het die eindfluitjie geblaas en wen of verloor, skud die spanne mekaar se hande en droom die spelers, en hulle ouers, van ‘n plek in die Springbokspan.

Foto’s: Osies laat PLS les opsê op die rugbyveld

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button