VIDEO – Doorndraai Dam: Sluise oop vir eerste keer in 14 jaar

Inwoner en boer in die omgewing, Steven Vermaak verduidelik dat die dam 102% vol is en dat die vlakke gereguleer gaan word.

MOKOPANE – Inwoners is verheug oor die Doorndraai Dam in die Sterkrivier area se sluise wat vir die eerste keer sedert 2008 oopgemaak is.

Inwoner en boer in die omgewing, Steven Vermaak verduidelik dat die dam 102% vol is en dat die vlakke gereguleer gaan word. Hy voeg by dat die doel is om die dam op 100% te hou. Een sluis is oopgemaak terwyl ‘n tweede sluis getoets is, die tweede sluis is reeds toegemaak.

Lees ook: Mokopane’s water woes continue despite full Doorndraai Dam

Tans vloei 150 kubike meter water deur die oop sluis. “Dis absoluut genade as jy vat waar die damvlak verlede jaar die tyd was,” sê Vermaak.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version