Local NewsNews

Maak voorbrand vir die opkomende seisoen

Met minder as twee maande voor die brandseisoen begin, het die Mogalakwena Brandbestrydingsvereniging boere begin aanmoedig om seker te maak dat hulle brandbane en brandvoorbereiding vroegtydig nagesien word.

MOKOPANE – Verskeie waarskuwings word daagliks uitgestuur dat die opkomende seisoen groot gevare inhou vir wegholbrande en die vereniging het ook gesê dat hulle vanjaar inspeksies gaan hou op plase waartydens oortreders en eienaars van brandpaaie wat nie op standaard is nie, beboet sal word.

Bestuurder van Working on Fire (WoF) in Mokopane, Mark Wreyford, het onlangs sy kommer uitgespreek. “Die gras is lank en begin nou uitdroog. As die brandseioen hier is, is dit te laat om die voorbereiding te begin doen. Hierdie jaar sal regulasie oortreders vervolg word wanneer die voorgeskrewe wet nie gehoorsaam word nie,” sê Wreyfrod. Hy voeg by dat sommige verteenwoordigers binnekort die mag sal hê om oortreders te vervolg.

Die wet vir veldbrandvoorkoming deur brandbreke lees: “Elke eienaar op wie se grond ‘n brand of veldbrand mag ontstaan en van wie se grond dit mag versprei moet ‘n brandstrook aan sy of haar kant van die grens voorberei en instandhou tussen sy of haar grond en enige aangrensende land.”

Wreyford verduidelik dat die stroke gebruik word om die wegholbrande te bestry wanneer dit nodig is.

“Oop en skoon stroke help dat die brande nie versprei nie, en wanneer dit wel doen kan die brandweeroffisiere by daardie bane ingaan om die vuur van die ander kant af te probeer keer.”

Boere word aangemoedig om so gou as moontlik ‘n afspraak te maak met die nodige offisiere indien hulle hulp nodig het met die voorbereiding van die brandpaaie. “As enigeen hulp nodig het met beplanning, skoonmaak van die paaie of selfs om nuwe paaie te maak, kan hulle ons gerus kontak.”

Vir besprekings kan Wreyford op WhatsApp by 083 650 7725 gekontak word. Alternatief, kontak Steven Vermaak by 083 650 7725 of Tobie van Deventer by 082 821 6671.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button