Witwarm Winterfees binnekort in Polokwane

Kaartjies vir vanjaar se Winterfees is nóú beskikbaar. Lees meer hier:

POLOKWANE – Sangers soos Francois van Coke en Jo Black is op pad hierheen vir die vierdagfees by Grounded Container Bar.

Die fees skop af op 2 Junie met nuweling Tuin wat gevolg word deur Van Coke. Op Vrydag word gaste vermaak deur Jay du Plessis, Riaan Benadé, Juan Boucher en Dirk van der Westhuizen.

Elandré, Franja du Plessis, Brendan Peyper, Pietman Geldenhuys en The Barbosa Experience is op die spyskaart vir Saterdag. Sondag word die fees met ‘n vertoning deur Jo Black en ‘n misterieuse kunstenaar afgesluit.

Daar is verskillende kaartjiepryse en lesers het die keuse om net vir een dag of al die dae saam te kuier. Elke dag is vol pret en vermaak vir oud en jonk en kinders onder tien kan die fees gratis bywoon.

Kaartjies:
• 2 Junie: R250 vir volwassenes en R150 vir kinders.
• 3 Junie: R350 vir volwassenes en R250 vir kinders.
• 4 Junie: R350 vir volwassenes en R250 vir kinders.
• 5 Junie: R200 vir volwassenes en R100 vir kinders.
• Naweekkaartjie: R1 050 vir volwassenes en R625 vir kinders.

Kaartjies kan aanlyn by Quicket bespreek word deur hierdie skakel te volg.

Vir meer inligting oor die Winterfees, volg gerus hierdie skakel.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version