[VIDEO] SAVF wys die beste melktert in die stad aan

Opgewonde melktertbakkers en hulle families het Saterdagoggend by die SAVF bymekaargekom vir hulle heel eerste melktertkompetisie.

POLOKWANE – Alhoewel nasionale Melktertdag op 27 Februarie gevier word, het die dagbestuur by die SAVF besluit om die deelnemers ekstra tyd te gee en die kompetisie is ‘n maand later gehou. Daar was 28 inskrywings en bakkers kon in drie kategorieë deelneem. Die kategorieë was outydse skilferkors (tradisionele) melktert, korslose of ongebakte melktert en melktert met ‘n kinkel.

Die algehele wenner het met ‘n kontantprys weggestap.

 

Alta van Aardt van die VLU Finesse Aandtak saam met Armand Potgieter en Jaco Pienaar van BakeryCo was die beoordelaars.

Alta het vir die Polokwane Observer verduidelik waarna daar gekyk word as hulle die outydse skilferkors melktert beoordeel: “Ons kyk na voorkoms, tekstuur, smaak en dan moet dit ‘n behoorlike skilferkors wees. Daar moet ook geen nie-tradisionele smake wees nie.

“By die melktert met ‘n kinkel kon deelnemers enigiets byvoeg, van alkohol en klapper tot suurlemoen en ander vrugte.”

Seremoniemeester en gaskunstenaar Martiens Joubert het oud en jonk se voete laat jeuk met sy musiek.

Na vele happe en noukeurige besluitneming is die wenners aangekondig.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version