Local NewsNews

Elke plantliefhebber het dié mikro-organismes in hul tuin nodig

Tydens die Maartvergadering van die plaaslike tuinbouklub het Milan Andrin gesels oor mikro-organismes en wat alles nodig is vir 'n suksesvolle komposhoop.

POLOKWANE – Komposhope in jou tuin is ‘n ideaal waarna talle tuiniers streef.

Tydens die Maartvergadering van die plaaslike tuinbouklub het Milan Andrin gesels oor mikro-organismes en wat alles nodig is vir ‘n suksesvolle komposhoop.

Lees meer: Pietersburg Tuinbouklub leer meer oor oewerplante

“In ‘n tipiese komposhoop het ons bakterieë, actinomycetes, fungi, protosoa en rotifera. Bakterieë verteenwoordig 80-90% van kompos. Dit is ook verantwoordelik vir die grootste afbreekproses in terme van hitte.”

Milan sê actinomycetes is die swamagtige bakterieë. Dit veroorsaak die tipiese grondreuk in die komposhoop en is van uiterse belang aangesien dit die sellulose, lignien, chitien en proteïene afbreek. Die ensieme beskik oor die vermoë om hout, bas en koerantpapier af te breek.

“Fungi is swamme en gis en breek komplekse polimere af. Dit stel ander bakterieë in staat om verdere afbreking te verrig nadat meeste van die sellulose gebruik is.”

Protosoa is die waterdruppels in die komposhoop. Dit speel ‘n klein rol in die afbreekproses en verkry voedsel op dieselfde manier as bakterieë. Rotifera is ook in waterfilms in kompos en verteer ook die organiese deeltjies.

Mikro-organismes het verskeie rolle in die grond. Milan sê dit inhibeer nematodes, los fosfaat op, bind kalsiumione, is stikstofbinders en biologiese plaagdoders.

“Dit kan stikstof afbreek na ammonia en stel hormone vry wat plantgroei stimuleer. Dit bind ook grond partikels en bevorder dus vog en nutrientretensie.”

Te veel water, swamdoders en die wegneem van die deklaag is van die aspekte wat organismes vernietig.

“Wanneer jy die grond spit kry dit te veel sonlig en kunsmistoediening vernietig ook die komposhoop.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button