Motorfietsryers bederf Ons Tuiste se bejaardes

Die motorfietsryers was gretig om die bejaardes vir 'n rit op hul motorfietse te neem en dit was 'n hoogtepunt vir vele van die inwoners.

POLOKWANE – Reeds van vroeg Saterdagoggend was die inwoners en personeel van Ons Tuiste aan die skarrel om alles gereed te kry.

Dit was weer tyd vir die jaarlikse Ons Tuiste Day Jol waar motorfietsryers die dag saam met die bejaardes spandeer. Ulysses Bosveld, die Rotariërs en die Rotary Anns het die dag georganiseer.

Benewens die heerlike ontbyt wat beskikbaar was, was daar pannekoek en spookasem te koop. Daar was ook ‘n lootjietafel met, onder andere, wyn, bier, gholfballe, juwele en geskenkbewyse as pryse.

Slide 1 |
Bejaardes kuier saam met motorfietsryers. Voor: Hanri Love, Mollie Eksteen en Mollie Smit. Agter: Jack Paulsen (Ulysses Bosveld president) en Owen de Vos (Ulysses Bosveld visipresident).
Slide 2 |
Henco Venter, Chris Neethling en Tom van Vuuren kuier saam.
Slide 3 |
Jonathan Lande, kaptein van die Roadhogs by sy ysterperd.

    Die motorfietsryers was gretig om die bejaardes vir ‘n rit op hulle motorfietse te neem en dit was ‘n hoogtepunt vir vele van die inwoners.

    Wilma Prinsloo van Ulysses Bosveld sê dit was ‘n reuse sukses.

    “Ons kon R17 842 vir die ouetehuis insamel. Ons wil graag elkeen wat die dag bygewoon en gehelp het om alles moontlik te maak, bedank. Sonder julle sou ons nie soveel sukses kon behaal nie.”

    For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
    Exit mobile version