Wees deel van die Witkruis-opgraderingsprojek

Lita Fourie, wat aan die beheer van sake by die Witkruismonument is, beoog om die gedenkkruise op te knap voor vanjaar se saamtrek in September.

POLOKWANE – Teen die hang van Ysterberg is daar tussen gras en klip ‘n plaat witkruise geplant. Die kruise, bekend as die Witkruis Monument, is die gedenkterrein vir Suid-Afrikaners wat in plaasmoorde omgekom het.

Jaarliks word daar ‘n saamtrek gehou waartydens die monument opgegradeer word. Vanjaar se saamtrek vind op 2-4 September plaas.

Lita Fourie, wat aan die beheer van sake by die monument is, beoog om van die kruise wat verblyk het oor te verf.

“Daar is baie werk. Die kruise moet geverf word aangesien hulle nie meer sigbaar is nie. Ons maak elke jaar die area skoon en ongelukkig moet instandhouding plaasvind. Ek oorweeg dit om soortgelyke verf wat op teerpaaie aangewend word, te gebruik. Ons gaan weer eens borselsnyers en kettingsae nodig hê. Dan het ons ook draad nodig om voor die kruise te span. Dit moet voor September gebeur.”

Lita sê indien daar mense is wat belangstel om vir vier dae saam te werk en die kruise geverf te kry, sal sy verblyf kan reël. “Enige bydrae of voorstelle is welkom.”

Vir meer inligting skakel vir Lita per WhatsApp by 060 414 6129.

Bankbesonderhede: FNB money on call.

Rekening nommer: 62775720959.

Tak kode: 250655.

Verw: Jou naam. Lita Fourie of Witkruis.

E-pos: tabita.fourie7@gmail.com

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version