Local NewsNews

[KYK] Man dans homself in verlowing in

In 'n baie unieke poging om die ja-woord te kry, het Bradley Hartmann die Waterfront sy dansvloer gemaak.

POLOKWANE – Bradley Hartmann is ‘n ouskool romantikus wat met fyn beplanning Valentynsdag onvergeetlik vir sy meisie, Anri Burger, gemaak het.

Die paartjie is reeds vier jaar saam en die afgelope vier maande het hy die perfekte plan beraam om vir Anri die groot vraag te vra.

Aangesien hy vir ‘n hele ruk uitstedig was, het Anri voorgestel hulle doen iets spesiaal vir Valentynsdag – min wetend van sy planne.

 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

A post shared by BRADLEY🇿🇦 (@bradley_mj_kid)

 

Terwyl die paartjie by V&A Waterfront in Kaapstad stap, het Anri vir Bradley gesê: “Kom ons loop hier weg, want daar is ‘n vreemde ou wat videos van ons neem.”

Die volgende oomblik het Bradley begin dans, maar Anri het steeds niks vermoed nie. “Ek het aanvanklik gedink hy trek weer een van sy streke om romanties te wees vir Valentynsdag. Hy is altyd besig met dansbewegings in die openbaar, so ek het niks verwag totdat hy die swart boksie uit sy gatsak uitgehaal het nie. My hart het amper gaan staan,” vertel sy.

Bradley sê dit was moeilik om alles perfek gereël te kry.

“Ek was in Johannesburg waar ek ‘n optrede se choreografie behartig het. Anri was in Kaapstad en ek het verskillende afsprake en repetisies met die ander dansers deur Zoom gehou. Twee van ons vriende was ook deel van die beplanning, want na die blitsskare (flashmob) het ons op ‘n bootrit gegaan. ‘n Vriend van Anri het gehelp om die perfekte ring te ontwerp.”

‘n Bespreking by ‘n restaurant en ‘n luidspreker was ook deel van die beplanning en die Saterdag voor die groot dag, het Bradley teruggevlieg huis toe en vir Anri vertel hy het Sondagoggend ‘n vergadering vir ‘n nuwe werk. Dit was die eerste keer wat hy en al die dansers in persoon kon saam dans om seker te maak alles gaan vlot verloop.

“Vroeg Maandagoggend moes ek nog ‘n wit leuen vir Anri te vertel. Ek het gesê dat ek ‘n Valentyns-geskenk bestel het, en dat ek dit moet gaan haal. Dié geskenk was die verloofring. Ek was baie gespanne, maar kon darem die geheim bewaar.”

Anri verduidelik hoe die kameramanne, wat alles op kamera vasgelê het, meestal agter haar was en dat sy dus nie agtergekom het hulle is daar nie. “Ek dink ook ek was so in die wolke oor Bradley wat vir my dans dat ek op niks rondom my gekonsentreer het nie.”

Kyk die video hier:

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button