Local NewsNews

Aretha se inwoners word bederf

Aretha Tehuis se 23 inwoners bestaan uit bejaardes en gestremdes wat van staatstoelae afhanklik is.

POLOKWANE – Suid-Afrikaners is bekend daarvoor om lekker te eet, hetsy dit braaivleis of gekookte kos is, almal geniet dié lip-lekkerte.

Aretha Tehuis se 23 inwoners bestaan uit bejaardes en gestremdes wat van staatstoelae afhanklik is, en Sondagmiddag het twee weldoeners die inwoners en personeel met ‘n gekookte ete bederf.

“Ons het Goseame genader om ons te help met kos wat hulle aan ons geskenk het vir ‘n gekookte ete. Die huis is afhanklik van inwoners vir hulle voortbestaan en moet die huur, elektrisiteit, water en personeel betaal. Ons bederf hulle gereeld deur vir hulle ‘n gekookte ete voor te berei.”

Inwoners kon smul aan heerlike varkvleis, aartappelslaai, wortelslaai, spinasie en rys. Daar was genoeg vir al die personeel asook vir inwoners vir ‘n tweede skeppie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button