Deel in die pret en sluit by die Voortrekkers aan

Om 'n Voortrekker te wees beteken baie pret en plesier, van kamp tot uitstappies in die natuur.

POLOKWANE – Doornkraal Voortrekkers in Polokwane begin weer met hulle aktiwiteite op 1 Februarie by die N.G. Kerk Pietersburg Noordgemeente.

Dit begin om 17:00 met ‘n vlaghysingseremonie wat opgevolg word met ‘n heerlike vrugtefees en baie pret. Om 17:30 sal daar ‘n kort vergadering met die ouers wees en van 18:00 af braai elke gesin ‘n worsie op die kole.

Elke gesin moet hulle eie wors en broodjies bring. Doornkraal verskaf die vuur en souse, en is gretig om nuwe lede te verwelkom.

Kontak gerus vir Ilse de Beer by 082 692 2725 of Henk Lottering by 084 409 0132 om deel te word van die Voortrekkers se aktiwiteite.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version