Moontlikheid van toeskouers by skolesport word bespreek

Ouers kan hopelik uitsien om weer hulle kinders langs die sportveld en -baan te ondersteun.

POLOKWANE – Kenners sal eersdaags koppe bymekaar sit om die moontlikheid van toeskouers by skolesport te bespreek.

Sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie is groot getalle groepe by geleenthede beperk om sodoende die verspreiding van die Koronavirus te verminder.

Onderwys Minister Angie Motshekga het vanoggend media aangespreek oor die terugkeer na skole vir die 2022 skooljaar. Hier het sy bekendgemaak dat belanghebbendes die moontlikheid van toeskouers oorweeg aangesien die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake reeds op 30 Desember 2021 die regulasies gewysig het ingevolge die Rampbestuurswet.

“Ten einde die aangeleentheid rakende byeenkomste, is ‘n wysiging ook aangebring in die aanwysings vir die Basiese Onderwys Sektor. Die wysiging is met inagneming van die aantal toeskouers wat by skoolsportlokale toegelaat word, en die enigste verandering wat ons beplan om in die Staatskoerant te plaas sodra belanghebbendes hulle insette gelewer het,” verduidelik sy.

Tydens haar toespraak het sy ook genoem dat hulle beplan om inentingsveldtogte na skole te neem. “Die Gesondheidsdepartement het laat verlede jaar aangekondig dat Covid-19-inentings beskikbaar is vir kinders ouer as 12. Ons kon op daardie stadium nie die inentingsprogram by skole hardloop nie weens die aanvang van jaareindeksamens en – asseserings. Ons het vir hierdie rede besluit om die veldtog vandeesmaand te begin en die Gesondheidsdepartement het gister bymekaar gekom om die inentingsprogram te bespreek,” het sy gesê.

Motshekga het bygevoeg dat ineningsgetalle vir diegene wat ingeënt mag word, moet verhoog in orde om nuwe infeksies hok te slaan. “Ons het saamgestem dat ons ‘n bemarkingsveldtog moet prioritiseer, om sodoende diegene wat mag inent aan te por om ingeënt te word,” sluit sy af.

Na aanleiding van hierdie inligting kan daar afgelei word dat diegene, sou dit goedgekeur word, wat hulle kinders langs die sportveld en -baan wil ondersteun, ingeënt moet wees. Oktober verlede jaar was toeskouers vir die eerste keer sedert Maart 2020 in stadions toegelaat.

Hierdie toeskouers moes egter ten volle ingeënt wees om by dié sportsgeleenthede toegelaat te word.

Lees Motshekga se volle toespraak hier.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version