Local NewsNews
Vrugtekoek in die mikrogolf
Maak 'n vrugtekoek ekonomies deur dit sommer in die mikrogolf te doen.
Doen dit so:
500g droëvrugtekoekmengsel
250ml sagte bruinsuiker
200ml botter of margarien
375ml water
10ml koeksoda
500ml koekmeel
5ml gemengde speserye
Knippie sout
2 eiers
125ml brandewyn
Metode:
Mikrogolf droëvrugte, bruinsuiker, botter en water vir 10min by vol krag.
Roer af en toe.Roer koeksoda by en laat afkoel.
Sif meelblom, gemengde speserye en sout saam.
Klits eiers, roer meelmengsel by vrugte mengsel en dan eiers.
Meng baie goed.
Skep beslag in pan, sit pan op omgekeerde piering in die oond.
Mikrogolf vir 20min by 70% krag.
Toets vir gaarheid.
Gooi brandewyn oor terwyl dit nog warm is.