Besoek hierdie kersmarkte dié week

Doen jou Kers inkopies by hierdie markte oor die naweek.

Blossoms Kersmark

Blossoms Kersmark vind plaas tussen 26 November en 4 Desember. Gedurende die week sal die mark van 09:30 tot 18:00 oop wees en Saterdag vanaf 09:30 tot 15:00. Daar sal ‘n verskeidenheid van kos, geskenke en décor wees. Blossoms is geleë te Plot 58, Myngenoegen. Vir meer inligting skakel vir Riana by 082 820 2978.

De Markte in Polokwane Kersmark

De Markte in Polokwane Kersmark vind tot 4 Desember by Taberna Dei te Jorissenstraat 76 plaas. Gedurende die week sal die mark oop wees van 10:00-19:00. Op die laaste Saterdag sluit die mark om 17:00. Dit is ‘n wonderlike geleentheid om jou Kersinkopies te doen en tyd saam met vriende en familie in die teetuin deur te bring. Maak seker jy mis nie hierdie jaarlikse mark nie! Vir meer inligting skakel Elsabé by 083 454 5424 of Daleen by 082 650 8811.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version