Local NewsNews

Polokwane Gholfklub knap hulle kroeg op

Die kroeg by die gholfklub het onlangs 'n nuwe baadjie aangetrek en 'n nuwe naam gekry.

POLOKWANE – Een van die gewildste en bekendste gholftoernooie in Polokwane is die jaarlikse Baobab Classic.

Hiérdie jaar se drie-dag gholftoernooi het vooraf afgeskop met die skenking van vier kremetartbome. Intussen het die kroeg by die gholfklub ‘n nuwe baadjie aangetrek en sommer ook van naam verander, ‘n idee wat reeds ‘n ruk gelede onder lede posgevat het.

Daar was ‘n kompetisie geloods om ‘n geskikte naam te kry waarna Kyle Geustyn en Louis Venter van Vennic asook Johan Dreyer van Fitter Man aan die nuwe kroeg begin beplan en ontwerp het.

Die nuwe baadjie het ‘n steampunk-tema met ‘n rat wat gedraai kan word om drank nader aan die kroegman te bring. Die onthulling van die nuwe kroeg het verlede Woensdagaand tydens ‘n klein seremonie plaasgevind. Tydens die geleentheid is die wenners van die naamkompetisie aangekondig, naamlik Jaco Laas, Joe Legora en Dirk Visagie. Die nuwe naam is The Baobab.

Die naamkompetisie wenners saam met die Polokwane Golf Club se bestuur. Wynand Pretorius (klub kaptein), Joe Legora, Dirk Visagie en Louis le Roux (klub bestuurder).

Klubkaptein Wynand Pretorius het almal wat betrokke was by die projek bedank. “Namens die komitee en ander lede wil ons dankie sê vir wat hier gebeur vanaand. Dankie ook aan almal wie gereeld vir ons donasies gee. Daar is nog veranderinge in die pyplyn met die idee om die kroeg en die klub enig is sy soort te maak.”

Wynand Pretorius (klubkaptein), Johan Dryer (Fitter Man), Louis Venter en Kyle Geustyn (Vennic) en Louis le Roux (klubbestuurder) by die nuwe kroeg.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button