[VIDEO] Donderstorm saai amok na houthuis vlamvat

Tydens die donderstorm Sondagaand is daar groot skade in die stad aangerig.

POLOKWANE – Sommige huise het onder ‘n vloed van water deurgeloop terwyl palmbome in verskeie woonbuurte deur weerlig geslaan is. ‘n Inwoner van Ladanna het erg skade gelei nadat weerligstrale vier palmbome in sy erf getref het.

‘n Houthuis in sy erf en is erg beskadig.

Die inwoner, wat anoniem wil bly, se suster vertel dit was omstreeks 21:00 toe die weer die krag uitgeslaan het. Teen die tyd was die weer reeds baie swaar met flitse en gedreun elke paar sekondes. Met dié was haar broer en sy vrou op pad bed toe, toe hy iets ruik wat brand.

Na hulle ondersoek ingestel het, het hulle agtergekom die bome brand en het reeds ‘n deel van die houthuis aan die brand gesteek. Die stoep aan die voorkant van die houthuis, asook die afdak aan die slaapkamer se kant het erge skade opgedoen. 

Brande is ook onder andere in Eduan Park en ander strate in Ladanna aangemeld.  

Lees ook: Breaking down myths and facts about lightning

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
 
Exit mobile version