Local NewsNews

Kleuter betaal met lewe toe tannie, kêrel vassit

'n 42-jarige man is reeds vir die voorval in hegtenis geneem.

LIMPOPO – ‘n Tweejarige seun van Maila het onlangs met sy lewe geboet toe hy die slagoffer geword het van ‘n rusie tussen sy tannie en haar lewensmaat.

Khodani Sadiki was tuis saam met sy tannie, Monica Mavhungu, haar lewensmaat Steven Moloisi en ander familielede toe ‘n argument tussen die twee ontstaan het.

Familielede het egter rondom middernag op 13 Oktober besluit om die huis te verlaat te midde van die rusie, en die kleuter agtergelaat.

Volgens wat berig word het die 42-jarige Moloisi glo sy woede op die kind uitgehaal.

Volgens die polisiewoordvoerder, Brig Motlafela Mojapelo was die seun reeds dood teen die tyd dat beamptes by die huis opgedaag het.

“Ons het die man gearresteer en hy is van moord aangekla. Hy het reeds op 15 Oktober in die Louis Trichardt magistraathof verskyn en die saak is tot einde Oktober uitgestel wanneer sy borgaansoek aangehoor sal word.”

Die LUR vir sosiale ontwikkeling, Nkakareng Rakgoale het haar skok oor die voorval uitgespreek en haar meegevoel met die familie betuig.

“Voorvalle van hierdie aard gee ons rede tot kommer. Ons maan inwoners om saam met die regering te werk om die veiligheid van ons kinders te verseker.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button