Osies blink uit op die sportvelde

Oosskool se leerders het die afgelope tyd op die sportvelde en -bane uitgeblink en die een na die ander prestasie vir die skool behaal.

POLOKWANE – Oosskool se twee 7’s rugbyspanne het aan die PHS Blitz 7’s toernooi op 15 Oktober deelgeneem en die o/13A-span het ‘n derde plek behaal terwyl die o/12A-span met die eerste plek geëindig het.

Oosskool se o/13A-span vir 7’s rugby: Agter: Luka Sinden, Armand Venter, Juan Randall, Curtis Cloete, Petrus Swanepoel, Lohan Boshoff en Ignus Ferreira. Voor: Zihan Lombaard, Tiaan Haasbroek, Tevor Etchell en Paul de Beer.

Oosskool lewer tennissterre op

Die leerders het ook nie op die tennisbaan terug gestaan nie, en twee spanne, wat Mila Gerson en Jorné Benade insluit, gaan Oosskool by die Rising Star Nasionale finaal in Soweto op 22 tot 24 Oktober verteenwoordig. Dit volg die seuns en meisies tennisspanne se prestasies op 10 en 11 September, toe hulle aan die tennis provinsiale finale byeenkoms deelgeneem het.

Oosskool se seuns tennisspan: Wian du Plessis, Blake Bekker, Juan Dreyer en Jan-Hendrik Boneschans.
Oosskool se meisies tennisspan: Simone Faver, Emily Lange, Carli Becker en Mila Pretorius.

Stings en Flames op die netbalbaan

PHS se netbalbane was ook deur die Osies gedomineer tydens die Fast 5 netbal toernooi wat op 15 en 16 Oktober plaasgevind het. Die o/12-Flames span het ‘n eerste plek los geslaan, en die o/13-span is trots op hulle tweede plek. Die o/12-Stings span het ook deelgeneem.

Oosskool se o/13-netbalspan. Agter: Annebel Richards, Jana Kotze, Ziné Ferns, Gabby du Bruyn, Carla Nieman, Bontle Ramphele, Nia van Zyl, Katelyn Swan en Anneke van der Merwe. Voor: Carli Becker, Zané Kohl en Jeandri Burger.
Oosskool se o/12-Stings netbalspan. Agter: Anke O’Reilly, Jolaine Burger, Natalie Moreira en Ilze Olley. Voor: Nelanie Meiring, Mieke Schoeman, Abigail Pretorius, Danica de Lange en Liuwa van der Merwe.
Oosskool se o/12-Flames netbalspan. Agter: Nelani Meiring, Anke O’Reilly, Jolaine Burger, Jade Campbell, Lumicke Groenewald en Sumieke Daly. Voor: Aerin Lotriet, Mareli van der Merwe, Mieke Schoeman, Suné du Preez en Meya Cordewener

Osie hokkie spelers neem deel aan Limpopo Baobab hokkie toernooi

Oosskool se seuns en meisies hokkiespanne het ook op 16 Oktober aan die Limpopo Baobab hokkie toernooi by Curro Heuwelkruin deelgeneem, en beide spanne se spelers is as deel van die Capricorn streekspan gekies.

Agter: Marine Schoeman, Bea Venter, Muné Lessing, Sherize Myburgh, Joré Benade, Juan Dreyer en Armand Venter. Middel: Carli Becker, Sumicke Daly, Simone Faver, Emily Lange en Preston Oosthuizen. Voor: Declan Luckhoff, Xander Deysel, Marthinus de Wet, Mianter de Wet en Dian Janse van Rensburg saam met hulle afrigters.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
Exit mobile version