NewsSchools

[LUISTER] Pieties sing só Elvis Blue se ‘Mooi’

Die religie-groep van Hoërskool Pietersburg het hulle weergawe van Elvis Blue se Mooi ten toon gestel.

POLOKWANE – Die religie-groep van Hoërskool Pietersburg het die vakansie afgeskop met inspirasie vir mede leerders en personeel. Dié musiek groep, wat bestaan uit sangers, musikante en akteurs van die skool, het op die laaste dag van die derde kwartaal ‘n musiekvideo op YouTube geplaas.

Die groep het hulle weergawe van Elvis Blue se Mooi ten toon gestel, en volgens die regisseur, Jessica Hattingh, is die liedjie met ‘n spesifieke doel gekies. “Die boodskap wat die liedjie verkondig, spreek tot my hart. Ek voel dit is iets waarmee almal kan vereenselwig, veral in ‘n tyd soos nou.

Die musiekgroep het sy ontstaan reeds in 2017 gehad, maar hierdie is hulle eerste opname. Hulle speel elke Vrydag by die skool se ‘Friday Worship’, en Hattingh sê die ondervinding was ‘n ongelooflike en spesiale ervaring.

Hulle beoog om nog projekte van die aard in die toekoms aan te pak. “In ‘n tyd waar ons almal ons kan vereenselwig met spanning en verlies, moet ons weet daar is ook mooi in die lewe. Dit hang alles net af van hoe jy kyk.”

Die liedjie was deur Jan Curtin vervaardig en Danie Oosthuizen was die videograaf.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
 

Related Articles

Back to top button