NewsSchools

Jonges ondersteun Ons Tuiste se kombuis

'n Gr. 10-leerder van Curro Heuwelkruin, Zandré Kotze wat van Our Home/Ons Tuiste se bakprojek verneem het, het onlangs die daad by die woord gevoeg toe hy 'n stel kombuistoebehore by dié instansie afgelewer het.

POLOKWANE – “Ek hou daarvan om na persone wat dit nodig het, uit te reik en dit is deel van my gemeenskapsdiensprojek en die keuse was nie moeilik nie,” vertel hy.

Rotariër Ann Annelize Potgieter en haar dogters, Nicole en Jolene, het Zandré ondersteun en die groepie het daarna hul moue opgerol en fluks tee en eetgoed by die seniors se lentetee aangedra en die skottelgoed gewas.

Inwoner Lena van der Ryst het verduidelik dat ‘n groepie inwoners onder haar leiding gereeld eetgoed bak en dan verkoop om geld vir die oord in te samel.

“Die seniors ondersteun ons baie goed en ons kry ook bestellings vir ons tertjies, worsrolletjies, terte en ander versnaperinge van inwoners en besighede in die stad.

“Die jonges se gebaar word hoog op prys gestel.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button