Ma en seun beide in ‘n week gespaar

Norman Henry Brown het sy dank op sosiale media uitgespreek nadat sy ma en hy 'n dag na mekaar in die hospitaal beland het.

POLOKWANE – “Wie sou nou dink ons sou albei in een week gespaar word!”

Met hierdie woorde spreek Norman Henry Brown sy dank op sosiale media uit nadat sy ma, Hilda en hy ‘n dag na mekaar in die hospitaal beland het.

Sy het ‘n hartaanval op 19 September gehad wat haar in die Netcare Pholoso Hospitaal laat beland het en die volgende dag was Norman in ‘n motorbotsing betrokke en moes ook in ‘n hospitaal opgeneem word.

“Ek was op die verbypad tussen die R71 en R81 toe ‘n konstruksievoertuig voor my ingedraai het. Ek het uitgeswaai, beheer oor my voertuig verloor en teen ‘n muur by Thornhill gebots. Ek was gelukkig om met ‘n paar skrape, kneusplekke en enkele beenbreuke uit die wrak te klim. Ek was slegs vir waarneming in die hospitaal,” vertel hy.

Sy vrou, Alexis en hulle kinders was in ‘n ander motor agter Norman en het die botsing gesien gebeur.

Hilda is intussen oorgeplaas na die Mediclinic Harthospitaal waar sy ‘n stent ontvang het.

“Dit gaan goed met ons altwee en ons wil net die gemeenskap bedank vir hul gebede en ondersteuning,” het Norman sy dank uitgespreek.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
Exit mobile version