Wys jou kunsvernuf in dié kompetisie

Stel jou kunsvernuf ten toon vir 'n goeie doel, ter ondersteuning van Heart-Drive/Heart-Circle.

POLOKWANE – Kunsliefhebbers en diegene wat graag hulle hand aan ‘n kunsprojek wil waag kan inskryf vir die Art Wall-projek en kompetisie.

Die kompetisie is oop vir laerskool- en hoërskoolleerders asook volwassenes. Pasiënte in hospitale, Unicare en LimCare-Well kan gratis inskryf terwyl ander inskrywings R10 vir ‘n A5 en R20 vir ‘n A4 kos.

Kategorieë:

1. Agt tot 13 jaar.
2. 13 tot 18 jaar en
3. Volwassenes.

Daar sal ses wenners aangekondig word, een in elke kategorie vir A4 en A5 onderskeidelik. Die kompetisie sluit 28 Oktober

Die tema is Keep giving with love en deelnemers kan hulle inskrywing met onder andere water-, olie- en akrielverf, asook ‘n verskeidenheid pastelle en potlode maak. Dié is slegs ‘n paar van die voorgeskrewe mediums.  

Daar sal drie beoordelaars wees en lesers kan ook stem vir die beste werk deur die nommer wat op die werk aangebring word, op ‘n papier te skryf en in ‘n stemboks te gooi. Die wenner sal op 6 November aangewys word tydens ‘n veiling ten bate van Heart-Drive/Heart-Circle.

Die items wat opgeveil gaan word gaan bestaan uit skilderye, handgemaakte items, gekerfde hout items en vele ander unieke items. Kaartjies vir hierdie geleentheid kos R150 elk en sluit peuselhappies en ‘n verwelkomingsdrankie in.

Om deel te neem aan die veiling is daar ‘n bedrag betaalbaar vir registrasie. Die openingsbie van elke item gaan aan die kunstenaar of verkoper, terwyl die res van die geld aan die Heart-Drive/Heart-Circle.

Vir meer inligting kontak Karina Botha by 082 425 1779 en lees meer van die Art Wall-projek in vandeesweek se Polokwane Review.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
Exit mobile version