Local NewsNewsUpdate

Begrafnisreëlings vir Kayla Smith (18)

 ‘n Virtuele begrafnisdiens vir wyle Kayla Smith word op Vrydag (6 Augustus) gehou. Kyk hier:

POLOKWANE – Inwoners wat Kayla Smith (18) se begrafnisdiens wil bywoon, maar nie daar kan wees volgens die huidige Covid-19 beperkings nie, kan dit virtueel bywoon.

‘n Begrafnisdiens word Vrydag (6 Augustus) om 13:00 by N.G. Pietersburg Noord-gemeente gehou en inwoners kan die regstreekse virtuele diens hier kyk:

Die matriekleerder van Hoërskool Pietersburg het Saterdag in die Netcare Pholoso Hospitaal gesterf nadat sy Vrydag (23 Julie) in ‘n motorongeluk betrokke was waartydens ‘n voertuig waarin sy ‘n passasier was, buite Haenertsburg omgeslaan het.

Lees meer: Makelaar, een ander persoon sterf in motorongeluk

Saam in die voertuig was haar suster, Zaskia da Silva (29) en ‘n bekende makelaar van die stad, Charles van der Walt (52) wat beide omgekom het. Da Silva is ‘n dag voor Kayla se dood begrawe.

Lees meer: ‘Charles, ons gaan jou mis, ou maat’

Kayla se ma, Liza sê haar dogter was lief vir die bos en die natuur.

“Kayla was ‘n liefdevolle kind wat maklik in mense se harte geklim het. Haar glimlag met dimpel kon enige vertrek ophelder en sy kon so uitbundig lag al was iets nie eers snaaks nie.”

Volgens haar ma was klein kinders haar passie en sy wou graag na skool onderwys studeer het.

“Sy was my enigste en my alles. Daar is so baie om te onthou – van haar ‘Oh hi’ as sy instap tot haar ‘I love you mom, lekker slaap’ wanneer dit bedtyd is.”

Die lys wat haar maats aansgestuur het van hoe hulle haar sal onthou bestaan uit woorde soos positief, liefdevol, snaaks, altyd geglimlag, betroubaar, aangenaam, dapper, goedhartig, humoristies, openhartig, vriendelik en vrolik.

“Ek het haar as vriendelik en ondeund ervaar met ‘n goeie sin vir humor. Positief, sy het omgegee vir die mense om haar en ‘n kind van God,” beskryf graadvoog, Gerda Siertsema vir Kayla.

Kayla word oorleef deur haar vriende en familie, ma Liza, pa Robin, sibbe Michelle en Jason asook Zaskia se twee kinders Divan en Liam.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button