Begrafnisreëlings vir Zaskia da Silva (29)

‘n Virtuele begranisdiens vir wyle Zaskia da Silva (29) word op Vrydag (30 Julie) gehou. Kyk hier:

POLOKWANE – Inwoners wat Zaskia da Silva (29) se begrafnisdiens wil bywoon, maar nie daar kan wees volgens die huidige Covid-19 beperkings nie, kan dit virtueel bywoon.

‘n Begrafnisdiens word Vrydag (30 Julie) om 11:30 by NG Oos-gemeente gehou en inwoners kan die regstreekse virtuele diens hier kyk:

 

 

Zaskia was ‘lief vir die lewe’

Zaskia is tien maande na die dood van haar man, José da Silva in ‘n motorongeluk op die R71 net buite Haenertsburg dood.

Lees meer: Makelaar, een ander persoon sterf in motorongeluk

Die grubotsing het Vrydag skokgolwe deur die stad gestuur. Zaskia en Charles van der Walt (52), ‘n plaaslike makelaar het gesterf en Zaskia se suster, Kayla Smith (18) is ernstig beseer en sterk tans aan in ‘n plaaslike hospitaal. Sy is ‘n matriekleeder aan die Hoërskool Pietersburg.

Lees meer: PHS-leerder stabiel na motorongeluk waarin 2 omkom

Da Silva se niggie, Monique Potgieter, sê sy was vir meer as ‘n dekade aan stuur van sake by Mizpha Upholstery Motor Trimming, ‘n plaaslike familiesaak.

“Zaskia het twee seuns, Divan (3) en Liam (agt maande) en sy het alles in haar vermoë gedoen om vir haar kinders net die beste te gee. Veral na José se dood het baie familie en vriende haar ondersteun om haar rol as liefdevolle ma te vervul,” sê Potgieter. Volgens haar woon die kinders tans by familie in die stad.

Volgens Potgieter was daar sprake dat Da Silva moontlik ‘n beroepskuif wou maak en die versekeringsbedryf was een van haar oorwegings. “Ons vermoed sy het saam met Charles beweeg om te sien wat dit behels om ‘n makelaar te wees. Sy en Kayla was onafskeidbaar en waarskynlik die rede hoekom sy ook saam was,” het sy aan Review gesê.

Sy beskryf haar niggie verder as ‘n aangename en beleefde mens.

“As iets lekker was, was Zaskia daar. Sy was pret en vredeliewend en kon enige persoon se dag opkikker.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
Exit mobile version