PHS-leerder stabiel na motorongeluk waarin 2 omkom

Kayla Smith (18) was ernstig beseer in die ongeluk wat haar suster, asook ‘n plaaslike sakeman se lewens geëis het.

POLOKWANE – Die 18-jarige Kayla Smith is vanmiddag omstreeks 16:00 oorlede na sy verlede Vrydag in ‘n motorongeluk op die R71 betrokke was. Lees meer: Kayla Smith sterf dag na suster se begrafnis


24 Julie

POLOKWANE – Die 18-jarige Kayla Smith is tans in die Netcare Pholoso Hospitaal na ‘n ongeluk op die R71 Vrydagmiddag.

Kayla is ‘n gr.12-leerder aan die Hoërskool Pietersburg en was saam met haar suster, Zaskia da Silva (29) en plaaslike makelaar, Charles van der Walt (52), in die motor toe dit gerol en aan die brand geslaan het sowat 5km duskant Haenertsburg.

Beide Da Silva en Van der Walt is oorlede.

Lees meer: Makelaar, een ander persoon sterf in motorongeluk

Liza Venter, Kayla se ma, het bevestig dat haar dogter in ‘n stabiele toestand is.

“Sy is per ambulans na Netcare geneem waar sy in die intensiewesorgeenheid opgeneem is. Sy is steeds onder sedasie en die dokters sê sy het geen ernstige kopbesering opgedoen nie. Sy het ook gevoel in albei haar bene. Hulle het nog ‘n borskas-X-straalplaat aangevra, maar in die stadium lyk dinge goed. Sy is stabiel en dit lyk wel of daar vordering is.”

PHS het intussen ‘n boodskap van ondersteuning gestuur.

“Ons het met skok verneem van die ongeluk en ons dra haar en haar familie in ons gebede aan die Here op en hoop vir spoedige herstel,” het die skoolhoof, Adolf Ellis gesê. 

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Exit mobile version