Local NewsNews

Heleen palm gesogte Sophie Stratford trofee in

Heleen du Plessis van SAVF Ellisras is die gesogte Sophie Stratford aangewys.

POLOKWANE – Sophie Straford het in 1964 by die SAVF as vrywilliger betrokke geraak, en in 1969 aangesluit as lid. Vir die volgende klomp jare dien sy op verskeie komitees en in 1984 het sy die Stokkiesdraai Kuierklub in Polokwane op die been gebring.

Onder haar leiding het die SAVF-tak Pietersburg sy honderdjarige bestaan in April 2005 gevier. ‘n Oorkonde ter erkenning van haar toegewyde diens aan SAVF Pietersburg is destyds ook aan haar oorhandeur deur die diensbestuur.

In Augustus 2006 was sy deur die hoofbestuur as erehoofbestuurslid benoem, en ten tye van haar dood op 16 April 2011 het sy as Voorsitter van die SAVF Vergeet-My-Nie behuising gedien.

Ter nagedagtenis aan Sophie, het haar kinders ‘n trofee geskenk, om haar onbaatsugtige lewe en werk te herdenk. Die Sophie Stratford trofee word jaarliks toegeken aan vrywilligers of personeellede wat uitsonderlike en uitmuntende diens aan die SAVF en SAVF Limpopo gelewer het.

Tydens die 23ste kongres, wat onlangs in Polokwane gehou is, was Heleen du Plessis van Ellisras die toekenning aangewys.

Suretha Barnard van SAVF Ellisras vertel woorde kan nie weergee wie en wat Heleen is nie.

”Sy is vir ons ‘n bron van kennis, behoorlik ‘n wandelende ensiklopedie en verklarende woordeboek. ‘n Werklik fenomenale en merkwaardige vrou. Op die ouderdom van 87 kom sy nog gereeld kantoor toe om ons te help met finansies, verslae, aansoeke om moontlike befondsing en dan is sy nog ons Lotto-spesialis ook. As jy bel, is sy daar; sy het net altyd tyd vir die SAVF. Soos die SAVF nie kan bestaan sonder vrywilligers nie, so kan die SAVF Ellisras onsself nie indink sonder tannie Heleen nie. Die spreekwoord sê wel niemand is onvervangbaar nie, maar ons wil verskil: Tannie Heleen du Plessis is beslis vir ons onvervangbaar.”

Lees meer oor die kongres in vandeesweek se Polokwane Review. 

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button