NewsSchools

Hansies pronk tydens Matriekafskeid Ekspo

Hoërskool Hans Strijdom se skoolsaal het behoorlik geskitter verlede Saterdag met uitstallers en modelle wat pragrokke en bykomstighede vertoon het.

MOOKGOPHONG – Die skool het hul eerste van vele Matriekafskeid Ekspo’s aangebied waar Armand du Plessis, voormalige Mnr. SA, Carre-Lee Armstrong, Mej SA Rolmodel en Jaenette Jacobs, wenner van Sterstatus 2020 hul debuut gelewer het.

Charonica van der Berg dra a skepping wat ontwerp is deur Kyna Consili.

“Die doel van die ekspo was om blootstelling vir nie net matriekmeisies nie maar vir enige meisie te gee vir haar droomdag. Soos almal weet is daar twee droomdae in enige meisie se lewe, haar troudag en haar matriekafskeid,” sê onderwyser, Marita Louw.

Ontwerper, Gerrit Pienaar van Claris by een van sy skeppings.
Lindsey York van Sparkling Designs het ook haar skeppings uitgestal.

Sy verduidelik dat daar nie ‘n verskeidenheid van ontwerpers in die area is nie, maar wel baie somatoloë en skoonheidsterapeute. Die organiseerder, Corlia Boshoff, het dit goed gedink om ontwerpers van heinde en verre asook skoonheidstegnikuste te nooi. Die dag se fondse gaan aangewend word vir die Hansies se matriekafskeid later vanjaar.

Chrystle Swanepoel maak Jaenette Jacobs se wenkbroue mooi.

Ongeveer 130 mense het die ekspo bygewoon en 30 skoliere van Hoërskool Hans Strijdom het opgetree as modelle vir die verskeie rokke. Teen die einde van die dag is besoekers beloon met pryse wat deur die uitstallers geborg is. Daarna kon hul lekker om die koektafel of selfs die gin kroeg verder kuier.

Die Gin kroeg waar besoekers kon kuier.

Die Hansies bedank die uitstallers sowel as die ontwerpers, Claris by Gerrit Pienaar, Smart Bride & Smart Guy, Kyna Consili, OBD & Co, Sparkle Designs en Blossom Fashion vir die dag se sukses.

bosjournalist@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button