NewsSchools

[FOTO’S] Netbalaksie op Laerskool Krugerpark se bane

Die netbalspelers van vier skole in die omgewing het verlede Donderdag opgewonde hul vernuf gewys tydens hul eerste ligawedstryde.

MOKOPANE – Die lang afwagtende wintersportseisoen het amptelik die naweek afgeskop en spelers van Laerskool Krugerpark, Mokopane Primary, Ortloff’s Preparatory School asook Laerskool Eugene Marais van Mookgophong was gereed om met hulle ligawedstryde te begin.

Geen toeskouers was toegelaat nie en streng Covid-19 regulasies is gevolg, maar dit het nie ‘n demper op die gees van toeskouers gesit om die spelers aan te moedig nie. Talle ouers het stoele nader gesleep om agter die skoolheining te sit en die spanne te ondersteun.

Van die afrigters het verduidelik dat die spelers verlede jaar se seisoen gemis het. “Ons het skaars begin oefen toe die inperking aangekondig is,” het een gesê en bygevoeg dat die spelers vir die eerste keer na sowat ‘n jaar terug is op die baan.

bosnews@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button