[LUISTER] Wihan gee binnekort Kanada se velde ‘n Suid-Afrikaanse skop

Wihan van der Riet (31) is onlangs vir die Amerikaanse voetbalspan, Saskatchewan Roughriders, in Kanada gekies.

POLOKWANE – Amerikaanse voetbal het sy ontstaan gehad toe ‘n paar Amerikaanse universiteite begin het om ‘n gewysigde soort rugby te speel. Oor die jare het die spel soveel verander dat die ooreenkomste baie min is.

Vir 31-jarige Wihan van der Riet, ‘n oud-Polokwane inwoner wat binnekort die Kanadese somer gaan beleef, het die sportsoort se gogga behoorlik gebyt. 

Wihan is onlangs in die Kanadese span, Saskatchewan Roughriders, opgeneem en Review het meer gaan uitvind.

“In die rugby bedryf is 31 nogal oud vir ‘n speler, maar as ‘n skopper in ‘n Amerikaanse voetbalspan, kan jou loopbaan lank wees. Jy moet net goed na jouself kyk, gesond lewe en reg eet. Op die stadium is my grootste kompetisie in die span, ‘n speler wat nou 46-jaar-oud is.”

Wihan vertel ‘n skopper in Amerikaanse voetbal se pligte verskil van dié van ‘n skopper in rugby.

Die pligte van 'n skopper in Amerikaanse voetbal by Polokwane Review – new

Die mees bevredigendste deel van Amerikaanse voetbal, vir Wihan, is om die bal op die regte manier te skop.

Die mees bevredigendste deel van Amerikaanse voetbal by Polokwane Review – new

Terselfdertyd is dit ook vir hom die mees uitdagendste deel van die sportsoort. 

Die mees uitdagendste deel van Amerikaanse voetbal by Polokwane Review – new

Op hierdie stadium beplan Wihan nie om sy gesin na Amerika te skuif nie, maar die moontlikheid vir so iets in die toekoms is beslis daar.

“Ek is baie lief vir Suid-Afrika, veral Limpopo en die bosveld, maar emigrasie is nie uitgesluit nie. Ek gaan die heeljaar somers geniet, somer in Kanada en dan somer in Suid-Afrika. Ek rig kinders af oor hoe om reg te skop en sal steeds virtueel afrig terwyl ek in Amerika is.”

Lees meer oor Wihan in volgende week se Polokwane Review.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
Exit mobile version