Local NewsNews

Limpopo damvlakke daal; steeds hoër as dié tyd verlede jaar

Die weeklikse verslag van die Departement van Water dui aan dat die provinsiale waterberging in Limpopo hierdie week afgeneem het tot 87,3%.

Verlede week se verslag het aangedui dat die berging op 88,2% was.

Volgens die departement se Woordvoerder, Sputnik Ratau, is die huidige stand van waterberging in die provinsie, steeds ‘n verbetering teenoor verlede jaar se 72,9% op dieselfde tydstip.

“Die De Hoopdam in Steelpoort was hierdie tyd verlede jaar op 94,7% en verlede week op 100%. Dit het wel nou gedaal tot 96,8% hierdie week, terwyl die Nandonidam onveranderd op 101,8%, soos verlede week aangeteken, bly.”

Ratau noem dat die Albasinidam in die Levuvhu-omgewing ook onveranderd met 100,1%.

“Die Rust De Winterdam het vandeesweek ‘n effense styging getoon en is hierdie week op 100,5% teenoor 100,2% van verlede week. Hans Merenskydam het effens gedaal en is hierdie week op 101,9%, in vergelyking met die opname van 102,3% verlede week. Die Ebenezerdam het vandeesweek 98,7% aangeteken, wat ‘n verbetering toon in vergelyking met die verslag van 97,9% verlede week,” voeg hy by.

Ratau sê die Ebenezerdam was verlede jaar op dieselfde tydstip slegs op 20,4%.

“Watergebruikers word daaraan herinner om water spaarsamig te gebruik aangesien ons die droë winterseisoen nader. Die gemeenskap word versoek om lekkasies en gebarsde pype aan te meld om sodoende water te bespaar,” het hy afgesluit.

Related Articles

Back to top button