Local NewsNews

Bejaardes: Só kan jy van vanmiddag af registreer vir die Covid-19 entstof

Fase twee van die inentingsprogram sal aanvanklik fokus op persone wat 60 jaar en ouer is.

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het vroeër aangekondig dat persone bo die ouderdom van 60, van vanmiddag af kan registreer vir die Covid-19 entstof.

Fase twee van die inentingsprogram sal aanvanklik fokus op persone in hierdie ouderdomsgroep, wat volgens Mkhize, persone wat in 2021 60 word, ook insluit.

Die Elektroniese Inentingdatastelsel sal vanaf 16:00 aktief wees vir persone om te registreer.

“Inenting is vrywillig. Almal wat registreer sal ‘n inenting kry. Ons sal begin met mense ouer as 60 jaar en so vinnig as moontlik in die ouderdomsgroepe af beweeg. As dit u beurt is om ingeënt te word, sal u ‘n SMS met die datum, tyd en plek vir u inenting ontvang,” het die departement in’ n Facebook-plasing gesê.

Om op die stelsel te registreer, klik hier.

Neem kennis dat u eers kan registreer na 16:00, al is die proefwebtuiste reeds aktief.

Inligting wat tydens registrasie ingedien word, sal gebruik word om:

  • Geskikte inentingsbegunstigdes te identifiseer.
  • Die voorsiening van entstowwe en aanvullende items te beplan. 
  • Begunstigdes aan hul naaste beskikbare dienspunt toe te ken.
  • Met ingeskrewe individue te kommunikeer oor die inentingsprogram, insluitend maar nie beperk nie tot:
    • Hoe om in aanmerking te kom.
    • Waar hulle ingeënt sal word.
    • Opvolg inentings afsprake.

Wat benodig word om te registreer:

  • Toegang tot die internet op enige toestel (selfoon, rekenaar, tablet, ens).
  • U ID of paspoortnommer, indien u nie ‘n RSA-burger is nie, algemene kontakinligting (u selfoonnommer sal as die primêre manier van kommunikasie gebruik word).
  • Inligting oor u diens (primêre werkgewer en werkplek).
  • Waar van toepassing, sal u professionele registrasiebesonderhede en mediese fonds ook versoek word.
  • Met alle inligting beskikbaar, moet registrasie ongeveer 2-3 minute duur (drie stappe).

Related Articles

Back to top button