Local NewsNews

Stand van sake by Polokwane lughawe kommerwekkend vir opposisie partye

Die lughawe het vroeër die week sy lisensie vir kommersiële vlugte verloor.

Opposisie partye het hul kommer uitgespreek oor die stand van sake by die Polokwane Internasionale Lughawe.

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) het vroeër die week, die lughawe se status van ‘n Kategorie 7 lughawe na ‘n Kategorie 2 verlaag. As sulks, het die lughawe sy lisensie vir kommersiële vlugte verloor.

Die degradering volg op die bevindinge oor veiligheid wat nie voldoen aan inspeksies wat tussen Augustus 2020 en Februarie 2021 gedoen is nie, wat onder meer daarop dui dat die reddings- of brandbestrydingsdienste op die lughawe nie beskikbaar is nie.

Die Vervoerdepartement se Woordvoerder, Matome Moremi-Taueatsoala, het Woensdag aan Polokwane Observer bevestig dat ‘n appèlproses oor die bevindings aan die gang is.

“Die departement sal sy volle steun aan die nuwe raad van Gateway Airports Authority Limited (Gaal), wie op 1 Februarie aangestel is, bied. Die raad het onmiddelik met ‘n proses begin om die bevindings te appelleer. Ons voel die probleme kan spoedig uitgesorteer word sodat ons kan terugkeer na normaliteit,” het Matome Moremi-Taueatsoala gesê.

Die afgradering van die lughawe vandeesweek het egter gelei tot ‘n verlies aan inkomste vir die streek, en rolspelers in die DA sowel as die EFF, het aanspreeklikheid in hierdie verband gevra. Die DA wil hê dat die Voorsitter van die Portefeuljekomitee van Vervoer, Mosebenzi Zwane, BLO moet ontbied om voor die parlement te verskyn om te verduidelik watter nalatigheid tot die afgradering van die bevindings gelei het.

Die DA se Skadu-minister van Vervoer, LP Chris Hunsinger, het gesê ondanks die lughawe se grootte, is hy steeds ‘n belangrike lugvervoerverbinding vir sakereisigers en mense in Limpopo.

“Die lughawe is ook ‘n belangrike inkomste vir die streek, aangesien dit broodnodige werksgeleenthede bied. Die dekategorisering sal ongetwyfeld ‘n onmiddellike en ernstige impak hê op die inkomste van ondernemings wat verband hou met lugverbindings, wat die houe van Suid-Afrika se huidige ekonomiese krisis sal bevorder,” verduidelik hy.

Die EFF se Provinsiale Voorsitter, Jossey Buthane, het die onbevoegdheid van die betrokke partye blameer vir die dekategorisering van Gaal.

‘Die degradering is die direkte gevolg van onbevoegdheid van die Vervoerdepartement, veral die van Gaal, wie se hoofverantwoordelikheid was om toe te sien dat die vliegveld aan die burgerlike lugvaartregulasies voldoen. Gaal se versuim om aan die vereistes te voldoen, beteken dat die agentskap die nut daarvan oorleef het,” het Buthane gesê.

Die EFF eis dat Gaal ontbind word en dat die lughawe aan die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) oorhandig word.

Lees meer: Polokwane-vlugte gekanselleer weens veiligheidsrisiko’s

Related Articles

Back to top button