Local NewsNews

Polokwane-watervoorsieningstelsel toon verdere verbetering

Die Polokwane-watervoorsieningstelsel het 'n effense toename van 99% verlede week tot 99,3% vandeesweek getoon.

Die weeklikse verslag van die Departement van Water toon dat Limpopo se provinsiale waterberging stabiel is, al het dit afgeneem van 87,7% verlede week na 87,6% vandeesweek.

Volgens die departement se Woordvoerder, Sputnik Ratau, is die provinsiale wateropberging baie beter in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar toe die gesamentlike vlakke op 69,8% was.

Die departement het ‘n beroep op watergebruikers gedoen om steeds water spaarsamig te gebruik, veral nou dat ons nader aan die droë winterseisoen beweeg.

Die Polokwane-watervoorsieningstelsel, wat bestaan uit damme wat water aan Polokwane en omliggende gebiede lewer, het ‘n effense toename van 99% verlede week tot 99,3% vandeesweek getoon.

In dieselfde tydperk verlede jaar was die stelsel op 77,8%.

“Die twee damme in die stelsel, Flag Boshielo en Ebenezer, het hierdie week ‘n effense toename aangeteken van 100,3% en 95,7% verlede week tot 100,4% en 96,4% onderskeidelik hierdie week. Die Ebenezerdam het aansienlik verbeter in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar toe dit op ‘n skamele 21,8% was,” verduidelik hy.

Ratau sê ‘n ander watertoevoerstelsel in die provinsie, Luvuvhu met drie damme, is op 101,6% vandeesweek, wat ‘n afname van 101,9% verlede week is.

“Die stelsel was in dieselfde tydperk verlede jaar op 97,9%. Die damme in die Luvuvhu-watervoorsieningstelsel is ook in ‘n gesonde toestand. Die Nandonidam het vandeesweek ‘n effense afname gehad en is op 102% teenoor verlede week se 102,3%. Die Albasinidam het hierdie week ‘n effense toename aangeteken van 99,9% verlede week na 100,1% hierdie week,” voeg hy by.

Die Vondodam het ‘n effense toename gewys van 101% verlede week tot 101,2% hierdie week.

“De Hoopdam in die Steelpoortrivier bly onveranderd van verlede week se 97%. Hans Merenskydam het effens afgeneem van 102,5% verlede week tot 101,9% hierdie week. Middel Letabadam sukkel steeds om die gewenste watervlakke te bereik en het van verlede week se 12,2% tot 11,9% vandeesweek gedaal,” sluit hy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button