Polokwane-vlugte gekanselleer weens veiligheidsrisiko’s

Die lugredery, Airlink, het vandag aangekondig dat hulle onmiddellik vlugte na Polokwane sal stopsit.

Airlink het in ‘n verklaring verduidelik dat die besluit geneem is weens die feit dat die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) gisteraand laat weet het dat die lughawe in Polokwane tans onder CAT2, wat onder die minimum vlak is wat vereis word vir geskeduleerde kommersiële lugdienste, gekategoriseer is. 

“Die huidige stand van die lughawe is ‘n kommerwekkende bedryfsveiligheid, en dit sal onwettig wees om geskeduleerde dienste op die lughawe te bedryf. Dit is betreurenswaardig dat die lughawe nie vir Airlink in kennis gestel het van die moontlikheid dat die lughawe se kategorisering kan verander nie, of dat daar ‘n onvermoë om die minimum nooddienste te lewer wat nodig is om sy vliegveldlisensie-kategorie te handhaaf nie,” verduidelik die maatskappy in ‘n verklaring.

Airlink het die moontlikheid ondersoek om die vliegveld by Pietersburg Siviel te gebruik, maar dié bied ook geen reddingsdienste nie en kan dus nie geskeduleerde kommersiële vlugte aanvaar nie.

“Airlink-bestuur sal saam met die Polokwane-lughawebestuur werk om vas te stel wanneer die lughawe sy verantwoordelikhede, asook die minimum kategorie wat nodig is om kommersiële lugdienste te akkommodeer, sal kan nakom,” verduidelik.

Rodger Foster, Uitvoerende Hoof en Besturende Direkteur van Airlink, het hul kliënte om verskoning gevra vir die ongerief wat veroorsaak word deur die opskorting van hierdie diens.

“Klante wat bevestigde kaartjies op die gekanselleerde vlugte hou, moet hul besprekingsagent, toeroperateur of Airlink-besprekings kontak by 011 451 7300 en vir terugbetalings per e-pos by 4Zonlinerefunds@flyairlink.com kontak, ” het Foster gesê.

Kommentaar van die Departement van Vervoer is nie beskikbaar gestel nie. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version