Akademie Reformia hou Nagmars

Op 30 Maart het Akademie Reformia se leerders, personeel en ouers deelgeneem aan 'n nuwe tradisie wat Hoof, Hennie Combrink, hoop jaarliks ingestel kan word.

Dit was die heel eerste Nagmars waar almal wat om die veld stap deel neem aan ‘n geldinsamelings inisiatief. Vir elke ronde om die veld word ‘n stapper R5 geborg.
Die geleentheid was versmelt met die Tentedorp en die begin van die skoolvakansie. Die geld wat ingesamel is gaan gebruik word vir nuwe klaskamers en badkamers by Kleinbegin, Akademie Reformia se kleuterskool. Kerse in bruin papiersakke wat vrolik deur die leerders versier is, was om die veld gerangskik en heerlike spookasem was beskikbaar vir energie.

Vir fotos en meer oor die Tentedorp, maak seker jy kry die Polokwane Review.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version