Local NewsNews

Erin is doelgerig op die lewe

Erin Burger (34) het onlangs in Polokwane kom kuier as deel van die Lenize Potgieter Rondomtaliedag.

In haar gr. 12-jaar het Erin Burger voorwedstryde vir die Proteas gespeel, maar nooit kon sy droom dat sy eendag vir hulle sou speel nie.

Die 34-jarige het in 2019 na die Wêreldbeker afgetree, maar sy is steeds baie betrokke in die netbalkringe. Review het met haar gesels toe sy onlangs vir die Lenize Potgieter Rondomtaliedag in Polokwane was.

“Ek speel reeds netbal van mini-netbal se dae af. In die laerskool het ek aan allerhande sportkodes deelgeneem, maar op hoërskool moes ek kies tussen netbal en hokkie. Dit was ‘n moeilike keuse, maar ek was effens beter in netbal en het dit toe gekies. Ek glo ek het reg gekies aangesien die Here deur die sport vir my baie deure oopgemaak het.”

Erin sê sy geniet dit om regoor die baan te speel en dus is senter die posisie wat sy die meeste geniet.

“In 2019, na 13 jaar by die Proteas, het ek voor ‘n kruispad te staan gekom waar ek moes kies tussen my eie besigheid en die Proteas. Ek het besluit om my eie besigheid te laat groei en rig tans netbalspelers af. Die lekkerste van netbal afrig is om ‘n verskil te maak en te sien hoe die spelers verbeter. Dit is baie bevredigend om te sien hoe ander uit my ondervinding kon leer,” sluit sy af. 

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button