Local NewsNews

Limpopo waterberging stabiel ten spyte van afname

Limpopo se waterberging is stabiel ten spyte 'n afname na 87,8% vandeesweek.

Volgens die weeklikse verslag van die Departement van Water neem die opgegaarde water tans 1 300,1m³ uit ‘n kapasiteit van 1 480,1m³ op.

Die departement se Woordvoerder, Sputnik Ratau, sê meeste van die damme het hul kapasiteit oortref.

“Verlede jaar was die provinsiale waterberging in dié tydperk op 70,4%. In die Vhembedistrik het Nandonidam, wat deur die Levhuvhurivier voorsien word, hierdie week afgeneem van 104,5% verlede week tot 103,4% hierdie week. Die dam was verlede jaar op hierdie tydstip 101,8% vol,” noem Ratau.

Hy sê Vondodam het vandeesweek gedaal tot 102%, teenoor verlede week se 104,7%.

Die De Hoopdam in Steelpoort, wat die gemeenskap van Sekhukhune en die plaaslike mynbedrywe verskaf, staan hierdie week onveranderd op 97,4%.

“Flag Boshielo Dam is steeds op volle kapasiteit met 102,3%, al is dit ‘n effense afname van 106,5% verlede week. Die dam het verlede jaar 100,3% aangeteken op hierdie tydstip,” sê hy.

Die Ebenezerdam in Groot Letaba, wat die meerderheid van die gemeenskappe rondom Polokwane voorsien, het vanaf 78,6% verlede week gestyg tot 84,1% hierdie week. Verlede jaar op dieselfde tydstip, was die dam op 24,7% vol. 

“Die Mokolodam in Mokolorivier het ‘n groot verbetering tenoor verlede jaar hierdie tyd. Die dam is op 101,8% vol, tenoor 62,2% verlede jaar. Tzaneendam, wat water aan boere verskaf vir besproeiing in die gebied, het afgeneem van verlede week se 102,3% tot 101,9% vandeesweek. Hierdie dam was verlede jaar op hierdie tydstip op ‘n laagtepunt van 25,9%,” voeg hy by.

Volgens die verslag is die Middel Letabadam op ‘n kritieke lae vlak van 12,2% teenoor verlede week se 11,5%.

“Dit is steeds ‘n verbetering van toe dit verlede jaar op hierdie tydstip op 5% gestaan het. Die Doorndraaidam in die Sterkrivier het hierdie week ‘n verbeterde 38,8% aangeteken in vergelyking met verlede week se 34%. Hierdie is ‘n verbetering in vergelyking met 12,5% op dieselfde tydstip verlede jaar,” sê Ratau.

Ratau sê ten spyte van hierdie verbeterings in Limpopo se damvlakke, doen die departement steeds ‘n beroep op verbruikers om water spaarsamig te gebruik, aangesien water ‘n skaars hulpbron is.

Related Articles

Back to top button