Local NewsNews

Sê jou sê oor regering se voorstel oor pensioenfonds

Volgens die konsepwysigings aan Regulasie 28 van die Pensioenfondswet, kan fondse nou só bestee word.

Die nasionale tesourier het gister, op 1 Maart, konsepwysigings aan Regulasie 28 van die Pensioenfondswet vir openbare kommentaar gepubliseer.

Die voorgestelde wysigings volg op die 2021-begrotingsrede en 2020 MTBPS aankondigings dat die regering besig is om Regulasie 28 te hersien om dit makliker te maak vir aftreefondse om in infrastruktuur te belê.

Regulasie 28, wat uitgereik is ingevolge Artikel 36(1)(bB) van die Wet op Pensioenfondse, verminder buitensporige en konsentrasierisiko vir lidbesparings en verseker beskerming deur die mate waarin aftreefondse in ‘n bepaalde bate of in spesifieke bateklasse mag belê.

“Die voorgestelde hersiening van Regulasie 28 word meegedeel na ‘n groot aanvraag om investering in infrastruktuur te verhoog, gegewe die huidige lae ekonomiesegroeiklimaat. Die huidige regulasie definieer nie ‘infrastruktuur’ as ‘n spesifieke kategorie, wat tans versprei word oor ‘n aantal bateklasse soos aandele, effekte, lenings en private ekwiteite nie. Huidige data van aftreefondse teken nie die presiese belegging in infrastruktuur aan nie,” voeg die verklaring by.

Die voorgestelde wysiging stel dus ‘n meer presiese definisie van infrastruktuur in om beter data en meting moontlik te maak.

Konsepwysigings:

  • Voorsien spesifieke verwysing na belegging in infrastruktuur deur verskillende bateklasse wat reeds deur die verordening toegelaat word en stel ‘n limiet vir infrastruktuur;
  • Voeg twee nuwe kolomme in Tabel 1 van Regulasie 28 in met limiete van toepassing op infrastruktuurbeleggings. Belegging in infrastruktuur sal erken word in die verskillende onderliggende batekategorieë gespesifiseer in Regulasie 28. Dit sal ook beter en meer akkurate inligting oor hierdie vorm van belegging bied;
  • Stel voor dat die algehele belegging in infrastruktuur in alle batekategorieë nie 45% ten opsigte van binnelandse blootstelling en ‘n addisionele limiet van 10% in respek vir die res van Afrika oorskry nie; en
  • Beperk die totale blootstelling per uitreiker of entiteit tot 25% van die totale bates van die fonds.

Polokwane Observer het finansiële adviseur by Succession Financial Planning Polokwane, Elmien Lottering, geraadpleeg hieroor.

Elmien Lottering. Foto: Verskaf

“Dié wet beperk die mate waartoe aftreefondse (soos uittree-annuïteite) in spesifieke tipes kategorieë of bates mag belê. Die hoofdoel van Regulasie 28 is om die lede se aftreevoorsiening te beskerm teen die uitwerking van beleggingsportefeuljes wat onvoldoende gediversifiseer is. In kort, beteken dit dat jou kliënt of belegger blootgestel word aan diversiteit, maar beskerm word deur limiete in dieselfde opsig,” verduidelik sy. 

Kommentaar word versoek met betrekking tot die toepaslikheid van die voorgestelde wysigings en die perke om beleggings in infrastruktuur aan te spreek. Kommentaar word aanvaar tot 29 Maart en kan gestuur word aan Basil Maseko by pension.reform@treasury.gov.za

Related Articles

Back to top button