Local NewsNews

Terugkeer na oefening op die kaarte vir skole, amateur klubs

SA Rugby se Hoofuitvoerendebeampte, Jurie Roux, sê dat skole en amateur klubs na oefening kan terugkeer, mits streng regulasies gehoorsaam word.

‘n Afname in die infeksiekoers van Koronavirus gevalle, tesame met versagtende inperkingsregulasies, het daartoe gelei dat ‘n komitee wat uit lede van SA Rugby, provinsiale unies asook die Suid-Afrikaanse Skolerugbyvereniging (Sasra) bestaan, aan die SA Rugby Uitvoerendekomitee voorgestel het dat oefening tot amateur rugby mag geskied. 

Volgens ‘n verklaring deur SA Rugby Hoofuitvoerendebeampte, Jurie Roux, sal streng reëls gevolg word om die veiligheid van spelers en afrigters te verseker.

Roux noem aan belanghebbendes dat hulle die riglyne in SA Rugby se Covid-19 Amateur Rugby Return To Train And Play, asook veiligheid- en gesondheidsvoorskrifte van die regering, ten alle tye moet gehoorsaam.

Hy het klem daarop gelê dat belanghebbendes seker moet wees dat hulle die inhoud van hierdie dokument en wat nodig is om te geskied, voordat enige amateur klub, span of skool kan terugkeer na oefening, verstaan.

“‘n Addisionele dokument, wat op die vereistes vir skole fokus en die minimum riglyne, en hoe hierdie riglyne geïmplementeer moet word, word tans voorberei. Die dokument sal aan alle relevante belanghebbendes gestuur word sodra dit goedgekeur is,” noem hy.

Roux sê klubs wat verlede jaar die riglyne gevolg het, hoef nie weer dit te doen nie, maar dat hulle wel ‘n skrywe aan hulle provinsiale unie moet stuur om te noem dat hulle weer oefening gaan hervat.

Voorwaardes wat geld:

  • Alle voorwaardes vir die terugkeer na oefening van kontaksport, soos gepubliseer in die Staatskoerant en riglyne, word nagekom. 
  • Enige veranderings of aanpassings in die Staatskoerant word dadelik geïmplementeer. 
  • Kontaksport mag slegs terugkeer na oefening en nie spel nie.
  • Alle relevante gesondheid- en veiligheidsmaatreëls word gehoorsaam en daar is geen fisiese kontak tussen spelers tydens oefening nie. 

Roux het belanghebbendes herinner aan die drie fase benadering wat gevolg word vir die terugkeer na amateur rugby, deur die veiligheid van spelers in ag te neem:

  • Fase 1: ‘n Minimum van vier weke van geen-kontak oefening met ‘n fokus op fiksheid en krag.
  • Fase 2: Volg op fase een (indien toegelaat deur die relevante belanghebbendes), ‘n minimum van vier weke se geleidelike integrasie van kontakoefening.
  • Fase 3: Terugkeer na spel.

Roux noem dat al is SA Rugby die bestuursliggaam van rugby in Suid-Afrika, erken hulle dat skolesport onder die vandaal van die Onderwysdepartement val en daarom aan hulle reëls en regulasies moet voldoen.

“Skole het hulle eie Covid-19 bestuurskomitees en te same met die skoolhoof, sal hulle ‘n finale besluit neem oor of die skool wel aan rugby gaan deelneem. Die finale onus val dus op die skoolhoof van elke skool. Dit bly ons kollektiewe verantwoordelikheid om te verseker dat spelers en afrigters oefen in ‘n omgewing wat geen skade aan hulle doen nie en die risiko vir onnodige beserings en siektes minimaliseer,” verduidelik hy.

Roux noem dat SA Rugby enige veranderinge wat skole en amateur rugby kan beïnvloed, aan belanghebbendes sal deurgee soos dit van die Onderwys en/of Sportdepartement ontvang word.

“Die aantal mense wat tans besmet is met die virus is steeds hoog en almal wat in rugby betrokke is, moet gedurig alle gesondheid- en veiligheidsmaatreëls  gehoorsaam om ‘n derde vlaag van die virus te voorkom. Beheer asseblief sosiale afstand en dra te alle tye jou masker,” sluit Roux af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button